typo02
25/10/2025
Ben & Bianca

Welkom by ons trou webtuiste waar liefde, lag en lekker info wag! 
Hier kry jy alles van uitnodigings en wie ons is, tot antwoorde op daardie skelm vrae wat jy dalk wou vra.  
Blaai gerus rond en maak jouself tuis – ons kan nie wag om saam met jou te vier nie!

Ben



Bianca



countdown Timer Expired

Days
Hours
Minutes
Seconds
Waar en Wanneer
Wedding ceremony

Saturday, 25 October 2025
14:30 PM - 15:00 PM
Deannie Landgoed, Vlaeberg Road

Stellenbosch

view map
wedding party

Saturday, 25 October 2025
16:00 PM - 23:30 PM

Deannie Landgoed, Vlaeberg Road

Stellenbosch

view map
wedding dinner

Saturday, 25 October 2025
19:00 PM - 20:00 PM

Deannie Landgoed, Vlaeberg Road

Stellenbosch

view map
Ons liefdes verhaal
Ben en Bianca
Eerste keer ontmoet
Augustus 10, 2013

Ons het mekaar vir die heel eerste keer op 10 Augustus 2013 ontmoet voor 'n opwindende rugbywedstryd tussen die Cheetahs en die Lions, Ben was Bianca se buurseun se beste vriend en hulle moes saam ‘n kar deel op pad Ellis Park toe. Die atmosfeer was vol energie en gees, die reis lank en tussen die gejuig van die skare en dreun van die motor het ons oë vir die eerste keer ontmoet en weg gekyk. Daardie oomblik het iets besonders begin wat eers baie jare later sou groei tot iets baie kosbaars.

Ons raak verlief op mekaar
 Junie 25, 2020

Na ‘n paar keer teveel oor die muur kyk, ‘n paar maande se aan-en-af gesels en baie geduld het Ben uiteindelik Bianca gevra of sy die Vrydag aand 25 Augustus 2020 iets wil doen. Ons het ‘n lekker aand gehad by Urban Eatery en Bianca het die pizza en chilli’s gewaag om vir Ben te wys dat sy nie bang is vir brand kosse of gluten nie. Van daardie aand af en ‘n paar avonture later het ons ‘Facebook official’ geraak daardie Oktober.

WhatsApp Image 2025-03-14 at 10.07.34
9B7A3408
Hy het gevra? ..Sy het Ja gesê
  Augustus 27, 2023

Met die lewensdraaie en sy kronkelpaaie, het Ben werk gekry in die Kaap en hy moes aftrek. Ons het ‘n jaar lank ‘n langafstand verhouding probeer onderhou en met tye was dit moeilik, ons albei se toewyding en vertroue het bewys dat liefde enige toets weerstaan. Ben het besluit om sy knieg te ‘knak’ onder Bianca se neus en koop toe die ring sommer skelm terwyl sy vir hom kom kuier het. Na ‘n baie lang wag het hy haar verras op haar verjaarsdag met foto sessie en paar groot geskenke waarvan die grootste een; ‘n vraag was met die opsie vir ‘n ring en leeftyd saam hom. Natuurlik, het sy ja gesê!

Algemene vrae
Is kinders welkom?

Ons troudag is klein, vol vreugde en prag, maar net grootmense saam op hierdie spesiale dag.



Kontant kroeg?

Die glase sal klink, die dansvloer sal wag maar bring asseblief iets in jou beursie of sak.



Wat trek ons aan?

Trek iets netjies aan, maar moenie te styf, semi-formeel en netjies is mode vir dié liefdeslyf!



Waar kan ek bly?

Kom vier liefde tot laat in die aand vir ‘n slaapplek  kyk waar Lekkerslaap, Booking.com of Airbnb jou land.


Wat bring ons saam?

‘n Geldjie in die sak is beter as ietsie blinks op die rak.



Watter skoene om te dra?

Die heuwels is steil, dis geen grap of skerts, dra liewers skoene wat hou van grond, dans en erts.


RSVP
Laat weet ons asseblief voor 31 August 2025